Woord: soel

Argieffoto (Foto: Ronile/Pixabay)

Woord:
soel

Betekenis:
1
 a Wat sodanig warm of bedompig is dat dit as onaangenaam en (of) drukkend ervaar word: ʼn Soel atmosfeer, middag, nag, somer. ≈ Die lug in die bus is soel en bedompig, byna walglik verstikkend (N. v. Schalkwyk: Verlatenes, s.j., 42).
■ Dikw. ook i.d. verboë vorm soele met beklemtonende waarde: Hoewel dit ʼn soele aand is, ril sy (S. Roux: Droombevange, 1959, 53).
b Wat op ʼn draaglike manier warm is en as aangenaam en verkwikkend ervaar word: ʼn Soel luggie, windjie. ≈ Jy (word) jou bewus van ʼn klimaat, effens klam, heerlik soel,… lewegewend, opbeurend (F.A. Venter in R.B. de Villiers: My Land, 1950, 81).
■ Dikw. ook i.d. verboë vorm soele met beklemtonende waarde: Hy sou graag … hom net bepaal by sy eie aktiwiteite hier tussen die blomme in die soele herfsson (W. v.d. Berg: Tema, 1947, 109).
2 Enigsins blas: Verhoed dat die nek soel raak … deur ‘n flou bleikroom … minstens een keer per week te gebruik (G. Schild: Skoonheid, s.j., 34).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.