Woord: Solesisme

Woord:
Solesisme

Betekenis:
Erge of onbeleefde taalfout.

Waar kom dit vandaan?
Genoem na die Antieke Anatoliese hawe, Soli, vandag wes van Mersin in Suid-sentraal-Turkye. Die stad is gestig deur Griekse koloniste van Rhodus en was uiters vooruitstrewend. In 333 v.C. het Aleksander die Grote dit verower en kon hy ʼn boete van 200 talente goud invorder omdat die inwoners met die Perse geheul het. Die plek is later vernietig deur die Armene maar weer opgebou deur die Romeinse generaal, Gnaeus Pompeius Magnus (106-48 v.C., die latere opponent van Julius Caesar). Hy het dit, onverklaarbaar, herdoop tot Pompeiopolis. Met die oorname deur die Romeine het die edele Griekse taal aldaar tot ʼn bedenklike vlak gedaal, en is die term solesisme daarvoor geskep. In Griekeland sou ʼn halwe woord oor Soli totale begrip verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.