Woord: sommelier

Argieffoto (Foto: grutka/Pixabay)

Woord:
sommelier
(uitspraak: som-me-lier / som-mel-jê)

Betekenis:
Opgeleide persoon, gewoonlik werksaam in die gasvryheidsbedryf, met gevorderde en gespesialiseerde kennis van wyn en die bediening daarvan, ook saam met verskillende disse: Die sommelier is die opperste wynhoof van ’n hotel of restaurant, iemand wat geheel en al verantwoordelik is vir die wyne wat daar bedien word, die korrekte bediening daarvan en die insig en kennis waarmee wyn aan klante voorgesit word (Insig, Oktober 2003, 85). * Sommeliers het gevorderde wynkennis, en deftige restaurante neem ‘n sommelier in diens om klante te help wyn bestel saam met hul maaltyd (Tuis, September 2009, 111).

Waar kom dit vandaan?
Uit Frans

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris ·

Volgende keer wanneer ek by my neus in die lug vrinne kuier gaan ek vir hulle sê “ek is nie ‘n sommeljéi nie, ek drink nie meer bokswyn nie.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.