Woord: spanspek

Argieffoto (Foto: Jill Wellington/Pixabay)

Woord:
spanspek

Betekenis:
Soet, sappige, geurige vrug soortgelyk aan pampoen.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands Spaans spek (17de eeu in die vorme Spaenspeck, Spaenschspek, spekmeloen) of minder waarskynlik Frans pastèque “waatlemoen”.

Nederlands Spaans spek is ʼn samestelling van Spaans, omdat die Spanjaarde die vrug aan Nederland bekend gestel het, en spek (1569), ʼn skeldnaam vir ʼn Spanjaard, veral ‘n Spaanse soldaat.

Dit is ook moontlik, maar onwaarskynlik, dat -spek verwys na die vrug se sappige vleis, vandaar miskien die hipotese dat spanspek afgelei is van Frans pastèque “waatlemoen”.

Reeds by Van Riebeeck (1651 – 1662) in die vorm Spaens(ch), waarna eerste optekening in Afrikaans by Changuion (1844) in die vorm Spaansch-spek.

Vanuit vroeë Afrikaans in Suid-Afrikaanse Engels in die vertaalde vorm Spanish Bacon (1731), waarna in die vorme Spanich Spec(k), spanspek en sponspek.

Uit: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.