Woord: spekskiet

Argieffoto. (Foto: White77/Pixabay)

Woord:
spekskiet

Betekenis:
Grootpraat, oordryf of ‘n leuen vertel.

Waar kom dit vandaan?
Uit Ndl. spek schieten (1612 in die vorm Speck-schieter), in die verouderde lett. bet. “met vetbelaaide vuurkoeëls na ʼn vyandelike skip skiet” en die verouderde fig. bet. “iemand met woorde aanval, of reguit die waarheid vertel”. Vetkoeëls was nie juis vlambaar nie, maar het baie gestink as dit brand. Vandaar wsk. die benoeming spekskiet vir “grootpraat, oordryf of ʼn leuen vertel”, omdat leuens beskou kan word as ʼn aanslag op die toehoorder.

Andersins kan die benoemingsmotief wsk. parallel loop aan die Ndl. en Afr. idiome oor vleitaal, onderskeidelik ʼn woordjie uit die heuningtong en iemand die heuningkwas deur die mond trek, omdat spek, soos heuning, as waardevolle lekkerny geag is.

Spekskiet kan dus verwys na leuenaars se pogings om hul redevoering te versier en te bevorder.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.