Woord: spiekeries

Argieffoto (Foto: maya_7966/Pixabay)

Woord:
spiekeries

Betekenis:
1 spoggerig, deftig, vermakerig:
* Ek sou my weer netjies formeel aan­trek, styf gespan, spiekeries en kiertsregop, blink-blink skoene met rang- en kentekens (Willie Meyer). * Ons sit in die raadskamer langs Sisulu se spiekeries kantoor skuins bo die Nasionale Vergadering (Jan-Jan Joubert). * Wie is daar wat (as kontinuïteitsaanbieder) op die proef gestel kon word? Wat van ʼn spiekeries kêrel soos Gerhard Viviers? (Huisgenoot, 26 Maart 1976, 18)

2 goed of agtermekaar:
* As jy getrou jou huisverband betaal en nie ander skuldprobleme het nie, lyk jou kredietstatus waarskynlik spiekeries (Netwerk24, 5 Julie 2017, E)

[Wat Gerhard Viviers, beminde radio-omroeper en sportkommentator van die 1960’s en 1970’s, gereeld geantwoord het as hy gevra is hoe dit met hom gaan, en wat hom sy bynaam besorg het]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.