Woord: spookasem

Argieffoto (Foto: TaniaVdB, Pixabay)

Woord:
spookasem

Betekenis:
1 Snoepery van suiker in die vorm van ʼn massa dun, buigsame draadjies, wat berei word deur suiker tot 10 °C bo sy smeltpunt te verwarm en dit dan deur vinnige bewegings, soos met ʼn vurk of masjinaal in ʼn soort sentrifuge, uit te swaai tot dun draadjies wat onmiddellik hard word, wat dikwels pienk is en op ʼn stokkie verkoop word.
(sinonieme suikerdons, suikerwol; garingsuiker (verouderd))
2 (geselstaal) Wit bakkersbrood, veral dié wat besonder lig van tekstuur is omdat dit met hopsuurdeeg gemaak word.
3 (geselstaal; skertsend) Iemand wat baie maer is.

Waar kom dit vandaan?
Samestelling van spook en asem, so genoem na aanleiding van die ligte tekstuur van die verskillende eetgoed wat vinnig in die mond smelt.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saartjie ·

Spookasem … een van die mooiste benaminge in Afrikaans!

Dankie vir die nuwe bywoord wat ek vandag geleer het: masjinaal. Nooit geweet hy bestaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.