Woord: takseer

Argieffoto (Foto: stokpic, Pixabay)

Woord:
takseer

Betekenis:
1 Waarde bepaal, skat: ʼn Eiendom takseer. Die skade na ʼn storm probeer takseer.
2 Beoordeel: Iemand lig takseer. Hoe takseer jy haar?

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands taxeren, uit Frans taxer, uit Latyn taxare “skat, bepaal”.

Uitdrukking: Iemand op sy baadjie takseer Iemand op sy voorkoms beoordeel.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.