Woord: tersluiks

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

Woord:
tersluiks

Betekenis:
onderlangs, nie ooglopend nie

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands tersluiks (1882 – 1884, 1682 in die vorm ter sluik), ʼn koppeling van ter (uit te der), die selfstandige naamwoord sluik en die bywoordelike agtervoegsel -s, met sluik van die verouderde werkwoord sluiken wat “met lig bemagtig, heimlik verwerf” beteken. In Afrikaans kom sluik, behalwe in tersluiks, alleen nog voor in sluikgoedere en sluikhandel.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)   

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.