Woord: tierlantyntjie

Argieffoto (Foto: cjhartz169/Pixabay)

Woord:
tierlantyntjie

Betekenis:
goedkoop, prullerige, oordadige versiersel: ’n rok/huis met te veel tierlantyntjies • ’n literêre styl vol tierlantyntjies.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nerlands tierlantijntje (1861). Die vorm van die Nederlandse woord, naamlik tierlantijntje, ook tierelantijn of tierelantijntje, miskien onder invloed van Frans tirelintin ‘geklingel’, klanknabootsend gevorm, dog die betekenis van die woord uit Nederlands tieretein (moontlik tierentey) ‘tipe geweefde stof’ uit Frans tiretaine. Uit die betekenis ‘bepaalde stof’ ontwikkel die betekenis ‘stof om jou mee op te smuk’, waaruit ‘(minderwaardige) versiersel’.

In ‘n aanhaling uit 1619 het Nederlands tierentay reeds beide die betekenis ‘stof’ en ‘versiersel’. Oorspronklik sou dit miskien ‘n klokkie of ander rinkelende versiersel aan byvoorbeeld die perdetuig gewees het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.