Woord: tingting

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
tingting

Betekenis:
1. (ten opsigte van konfyt en stroop) Wat te lank gekook het en baie dik en taai is: Hou die konfyt dop dat dit nie tingting kook nie (Bitterfontein). Haal die konfyt dadelik af, anders is dit nou-nou tingting (Garies).
2. Baie soet, omdat te veel suiker bygevoeg is: Jy maak jou koffie ting-ting as jy so baie suiker ingooi (Vredendal). Die koekie is tingting.

tingting-en-tameletjie Goeie vriende: Na ons bakleiery was ons gou weer ting-ting-en-tameletjie met mekaar (Noordweste)

Klik hier om te sien hoe Coca-Cola tingting raak indien dit gekook word.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.