Woord: toernooi

Argieffoto (Foto: Manfred Richter/Pixabay)

Woord:
toernooi

Betekenis:
1 (reeks) sportwedstryd(e): aan ’n toernooi deelneem • ’n toernooi waarin elke span teen elke ander span meeding • ’n gholftoernooi/tennistoernooi.
2 (histories) Middeleeuse sportsoort waarin ridders te perd met lanse en swaarde teen mekaar gewedywer het; ridderspel.

Waar kom dit vandaan?
As die twee ridders na mekaar toe jaag met die lanse gevel, gaan een só gesteek word dat hy gaan kyk waar hy vandaan gekom het. Hierdie omdraai is die letterlike naam van die spel, uit Latyn tornare “draai”. Terselfdertyd draai jy jou perd ook so dat die teenstander se lans in die lug byt.

Bron: Dr Anton Prinsloo se boek, ʼn Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue
Uitgewer:  NB Uitgewers
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.