Woord: twisappel

Woord:
Twisappel

Betekenis:
ʼn Geskilpunt

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die Griekse mitologie: die goue appel wat die godin van twis en tweedrag, Eris, op die bruilof van Peleus en Thetis tussen die gaste ingegooi het. Op die appel het gestaan: Vir die mooiste, en die drie godinne Hera, Atene en Afrodite het daaroor getwis totdat die Trojaanse prins dit aan Afrodite gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.