Woord van die week: adamsappel

Argieffoto Foto: realworkhard, Pixabay

Argieffoto Foto: realworkhard, Pixabay

Woord:
adamsappel

Betekenis:
vooruitstekende, boonste deel van die strottehoof, by mans meer ooglopend as by vroue

Waar kom dit vandaan?
Vertel dit vir die ou mense. Die adamsappel was die stuk appel wat in Adam se keel vasgesteek het toe hy vreesbevange besef het watter sonde hy en Eva gedoen het. Gelowiges glo dat Adam wel bestaan het, maar die berugte vrug word nêrens in Genesis ʼn appel genoem nie en steek ook in gʼn man, antiek of modern, se keel vas nie.

Die vyeblare in die verhaal dui moontlik op ʼn vy, want dié vrug aard in die klimaat van die Mesopotamië (die vermeende setel van die Paradys). Dit is ʼn oorlewering van rabbi’s dat aan Adam en sy nakomelinge die keelknobbel tot ʼn blywende skandteken gegee is.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cheeki ·

Nogal gewonder waar dit vandaan kom. ‘n Teoloog voer aan dat die “vrug” in wese ‘antieke kennis” van okkultiese aard is, waarmee die eerste mens en sy sagte ribbetjie hulle mee besig gaan hou het, kennis wat glo deur sekere geheime broederskappe gesoek of andersins bewaar word tot vandag toe, maar wat ten dele bekend geraak het. Nouja, wie sal weet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.