Woord van die week: alfabet

Argieffoto (Foto: rawpixel, Pixabay)

Woord:
alfabet

Betekenis:
letters van ʼn taal in volgorde

Waar kom dit vandaan?
Ons ABC kan net sowel die os, huis genoem gewees het. Grieks alpha, beta was in Hebreeus alef (“os”), beth (“huis”), na aanleiding van die Fenisiese simbole vir die letters. Dié verruimende inligting is wyd bekend, maar daar is ʼn Engelse stertjie aan. Talle der talle kere word die naam van ʼn Englese winkel as Ye olde shoppe aangedui. Die ou Engelse alfabet het ʼn ekstra letter gehad, naamlik thorn. Dit het die th-klank soos in die woord this verteenwoordig en het só gelyk: ϸ. As dit geskryf is met die ringetjie van die ϸ oop, het dit na ʼn Y gelyk en vandaar die Ye, in plaas van The (ϸe).

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek by Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.