Woord:
boek
Betekenis:
gebinde blaaie papier
Waar kom dit vandaan?
Volgens geskiedkundiges het veral Engelse priesters vroeg reeds gladde beukeboombas gebruik om hulle runes daarop te kerf. Die klank van boek is redelik herkenbaar daarin. Daar is ook ʼn woord in Sanskrit bhuja wat die naam was van beukebas wat vir skryf gebruik is. Papier kom van papirus, die soort Nylbiesie waarvan die eerste papier gemaak is. Perkament kom uit die stad Pergamum waar vel die eerste keer as plaasvervanger vir papier gemaak is. Die Duitse Buche is duidelik familie.
Engelse priesters het op boombas geskryf? Hierdie stelling is taamlik onjuis!
Ons ou Heidens- Germaanse priesteresse het Rune-tekens op stukkies plank geskryf van die Beuke boom. Dit is Rune-stawe genoem (ons woord ‘boekstaaf’ verwys nog hierna). Hierdie Rune stawe is op n wit doek gewerp om die Priesteres in staat te stel om n orakel uit te spreek.
Christelike priesters het die Rune verafsku. Met die koms van die Christendom na Europa word ons ou inheemse skrifstelsel (Rune) verban. Ons ou glorieryke Germaanse geskiedenis en volkshelde word verban. Ons ou inheemse Germaanse Gode en Godinne verban. Alles wat verban was, is vervang met Romeins-Joodse ekwivalente.