Woord van die week: doilie

Argieffoto

Woord:
doilie

Betekenis:
gewoonlik ronde gehekelde lappie met krale om oor ʼn beker te gooi om veral vlië en motte uit te hou

Waar kom dit vandaan?
Genoem na ʼn mnr. Doyley, ʼn 17de- of vroeg 18de-eeuse klerasiehandelaar in die Strand in Londen wat skynbaar allerlei onnoembares met ses pote tussen sy materiaalrolle gehad het. Dié het teetyd met minagting hul opwagting gemaak.

Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saartjie ·

Ek kom uit ‘n gesin waar ‘Hond se doilie!’ gereeld gehoor is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.