Woord:
emosie
Betekenis:
ontroering
Waar kom dit vandaan?
As jou emosie die oorhand kry, is dit asof jy uit jou liggaam weggaan – sy dit om iemand te klap of te soen (Latyn emovere uit e “uit” + movere “beweeg”). Jy kom eers agterna weer by jouself.
Inderwaarheid is dit jou verstand wat jou liggaam verlaat: die grysstof is redelik rustig totdat iets gebeur wat dit affekteer – en dan kan enigiets gebeur.
Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering