Woord van die week: fiasko

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
fiasko

Betekenis:
gesê wanneer iets ʼn mislukking of in ʼn warboel is

Waar kom dit vandaan?
Fiasco is ʼn Italiaanse woord vir ʼn fles of ʼn bottel. Die pragtige produkte van die glasblasers van Venesië is al sedert die 13de eeu wêreldbekend. As daar ʼn fout ingesluip het by die blaas van ʼn delikate kunswerk, is die glas verander in ʼn gewone fles of bottel, dit wil sê ʼn fiasko. Die uitroep is ook oorgedra in die operahuise van Italië: Olá! Olá! Fiasco! is geskree as die gehoor hulle misnoeë te kenne wou gee met ʼn sanger wat die noot nie juis te suiwer hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.