Woord van die week: geniaal

huwelik-en-lewensmaats

Argieffoto (Foto: NGDPhotoworks, Pixabay)

Woord:
geniaal

Betekenis:
uitermate begaaf

Waar kom dit vandaan?
Latyn genialis se letterlike betekenis het met huweliksrites te make gehad, afgelei van genius “beskermgees” (hopelik van die bruidegom). As hy hom tydens die troue goed gedra het, is hy later as “aangenaam, feestelik” bestempel en nog later as besonder begaaf.

OOK:

Woord:
genie

Betekenis:
buitengewoon begaafde persoon

Waar kom dit vandaan?
Die genie was oorspronklik die beskermgod of -gees wat oor elke mens van geboorte af waak. Omdat dit die taak (in die meeste gevalle) so goed vervul het, is dit later as ʼn uiters begaafde wese beskou.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.