Woord van die week: gimnasium

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Woord:
gimnasium

Betekenis:
plek vir liggaamsoefeninge en spierontwikkeling

Waar kom dit vandaan?
In antieke Griekeland het die atlete in die openbaar geoefen – en ook in hul adamsgewade. In Grieks beteken gimnasium dus op ʼn manier “kaelnaelery, plek waar mense nakend oefen” (uit Grieks gumnos “nakend”). Selfs die Amerikaners het dit geweet: toe van hulle geoloë ʼn nuwe soort silikaat van magnesium in die Bare hills, Maryland ontdek het, het hulle dit heel gepas gimniet genoem na die Engelse bare (“naak”). Ook in die viskunde het dié woord ʼn draai gemaak: Die Gymnotus electricus is die sidderaal wat ʼn sterk elektriese skok kan veroorsaak. Die naam is saamgestel uit gum “kaal” + noton “rug” – die aal het geen vinne op die rug nie: dus ʼn naakte rug.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boertjie ·

Net ‘n vinnige kommentaar oor die woord kaelnael, is dit nie veronderstel om kaalnael te wees nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.