Woord van die week: ginnegaap

Argieffoto (Foto: Sponchia, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Sponchia, Pixabay)

Woord:
ginnegaap

Betekenis:
Laggend, oppervlakkig en verspot oor onbenullige sake gesels: Ons sou uitbundig agter in die kar ginnegaap (C.M. van den Heever). Plaas dat julle werk, staan julle met my en ginnegaap oor dans (N P. Laubscher). Die eerste nag het hulle tot twee-uur geginnegaap en toe gaan slaap (Mikro).

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands ginnegappen (1648) ‘onhebbelik, ongemanierd, spottend giggel’, ‘n samestelling van verouderde Nederlandse streektaal ginniken ‘grinnik’ en verouderde Nederlandse streektaal gappen, ‘n wisselvorm van gabben ‘spottend of skertsend lag, babbel’

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Abraham ·

‘n Lekker woord. Ek glo dit is ouer as die ou Nederlandse woord en dat die oorsprong le ver agter antieke berge.

In ou Noors/Germaanse mitologie lees mens oor ‘Ginnungagap’ – die groot niks tussen die Vuur en Ys waarin alles wat is ‘geskep’ is. Ek glo dat ‘ginnegaap’ ‘n agleiding van die ou konsep is.

In effek om ‘leeg’ te wees: sonder sinlikheid, selfbeheering – gekkig, laf, onbetaamd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.