Woord van die week: grabbel

postcards-1174178_1920Woord
grabbel

Betekenis:
Rondtas, rondvroetel, rondvoel met die hande: Jan grabbel haastig met sy hande in sy jas se sakke.
grabbelsak

Sak, by kermisse, basaars, ens., waarin ‘n mens, na betaling van ‘n klein sommetjie geld, jou hand kan insteek en op die gevoel af ‘n artikel uitkies.

Bron:  Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E ·

Mammas grabbel die meeste (ons is goed met multi-tasking):
Grabbel vroeg oggend in die yskas om koffertjies te pak.
Grabbel baie vinnig voor middag ete om ons werkies snellend af te rammel, sodat ons vinnig by die skool kan kom om kids te kry.
By die huis, grabbel in boettie se tas om die deurmekaarspul te orden.
Grabbel weer in yskas om honger magies te voer.
Grabbel om huiswerkies te doen.
Grabbel in potte en panne om kossies te maak.
Grabbel in die wasbak.
Grabbel grabbel grabbel.
Môre, grabbel vroeg as almal slaap in wasgoed.
Grabbel vinnig om huis netjies te kry.
In die aand grabbel ons gedagtes oor als wat môre gegrabbel moet word.
Mammas verdien die grabbel nobel prys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.