Woord van die week: jakkals

Argieffoto Foto: Johan van Zyl, Jaci's Lodges (madikwe.com)

Argieffoto Foto: Johan van Zyl, Jaci’s Lodges (madikwe.com)

Woord:
jakkals

Betekenis:
roofdier van die hondegeslag

Waar kom dit vandaan?
Daar is eeue lank gedink dat jakkalse in troppe gehardloop het om prooi vir die leeus op te jaag en hulle is toe soms ook “voorsieners vir die leeu” genoem. Die koning van die diere sou ongetwyfeld nie nee sê vir enigiets wat deur die gawe jakkalse op hulle spyskaarte gejaag was nie.

Die naam jakkals, sou ʼn mens vermoed, het iets soos “edel, mededeelsame dier” beteken, maar ongelukkig het die Turke die naam çakal gegee wat letterlik “tjanker” beteken het. Hoe treurig die wysie op die ooswind se maat…

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.