Woord van die week: joernaal

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Pexels, Pixabay)

Woord:
joernaal

Betekenis:
dagboek, tydskrif

Waar kom dit vandaan?
Die Franse journal is gevorm van hul woord vir ʼn dag, naamlik jour. Die oorspronklike joernale was bedoel om ʼn daaglikse koerant te wees, maar dit was in sommige gevalle nie volhoubaar nie (weens gebrek aan geld en skandes) en die joernaal het later weekliks verskyn. dit het min met die oorsprong te make: die joernaal was oorspronklik ʼn boek waarin kerkdienste aangeteken is – die publikasie die verste van die geel pers wat ʼn mens kan kry.

Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.