Woord:
kalm
Betekenis:
bedaard, rustig
Waar kom dit vandaan?
Soos in Spanje het die Atheners ʼn Griekse siësta tydens die middagete geneem. Die winkels het soos in klein Suid-Afrikaanse gehuggies toegemaak, die priesters in die verskeie Romeinse tempels het opgehou offer, die orakels het hulle lippe ferm gesluit en selfs die naakte atlete in die gimnasium het opgehou om gewigte te pomp of diskusse te gooi. Grieks kauma het “hitte van die son” beteken – kalm was dus eintlik “verskriklik warm”. Dit was die rede vir die rus en kalmte. Volgens oorlewering het selfs die Griekse kore stilte gehandhaaf omdat dit te warm was om nog hittige asems by die klimaat te voeg. In Provensaals (die taal van mense in die suidooste van Frankryk) is daar ook ʼn woord chaume wat die tyd beskryf wat selfs die vee gaan rus.
Dié taalbrokkie is oorspronklik gepubliseer in dr Anton Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue (uitgegee deur NB Uitgewers)
Koop die boek: Graffiti Boeke
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering
U gaan ver suid soek na die herkoms van die woord ‘kalm’, terwyl u eerder noordwaarts kon gaan soek het (daar waar ons Germaanse stamme vandaan kom). Kalma is die Finse Godin van die Dood. Kalmisto is n Finse begraafplaas. Kalma (Godin van die Dood en die eeuwige rus), moes dus hoogswaarskynlik ook onder ons ou Heidens-Germaanse stamme bekend gewees het, vandaar dat haar naam so pertinent in ons taal voorkom.