Woord van die week: karnallie

Argieffoto (Foto: www.makeit-loveit.com)

Argieffoto (Foto: www.makeit-loveit.com)

Woord:
karnallie

Waar kom dit vandaan?
ʼn Karnallie is volgens die woordeboeke ʼn “geslepe persoon, deugniet, vabond”. Die ongunstige betekenis van “geslepe” is vandag net in Nederlands nog van pas en die uitdrukking word in Afrikaans gewoonlik in ʼn goedige sin vir ʼn vabond gebruik. Die woord karnallie kom uit Frans canaille wat dit uit Italiaans canaglia (“hondegebroedsel”) gekry het en wat met Latyn canis (“hond”) verband hou. In albei dié tale het net die ongunstige betekenis bly voortbestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Daleen ·

nou toe nou… ek noem my kinders (babas 1jr & 2 jr), karnallies… LOL. Natuurlik mooi bedoel

Hannelie ·

Ons het grootgeword met die woord in ons huishouding! Dit het vir ons iets beteken soos, ‘n rakker, ‘n terggees, ‘n stouterd in die mooi sin van die woord!

Jacky ·

Ek stem saam met Hannelie, dit is as terggees, ondeund of grapperig bedoel

Stefaans ·

So onse president is dan ‘n karnallie – hy besit ‘n oormaat van al die eienskappe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.