Woord van die week: karnaval

Argieffoto (Foto: scottwebb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: scottwebb, Pixabay)

Woord:
karnaval

Betekenis:
fees met eetgoed en vermaak

Waar kom dit vandaan?
Oorspronklik was die karnaval nie sommer enige soort makietie nie, maar die kerklike Vasteaand, dit wil sê die aand voor Aswoensdag wanneer Katolieke die vastyd van Pase moes begin. Vandaar die Franse mardi gras wat letterlik “vet Dinsdag” beteken. Die Dinsdag was nie gewigtig nie: al die vet in die huis is opgeëet of weggemaak omdat vleis herinner het aan die kruisiging van die liggaam van Christus en dus verbode was. Dit alles om ons op ‘n dwaalspoor te bring: karnaval (Latyn carnem levare) het “vleis wegneem” beteken – om seker te maak dat jy jou daarvan weerhou. Ook: By karnavalle word dikwels kos soos kerrie-en-rys of ander vleisgeregte verkoop en jy kan dan gaan en vir jou vleis daar wegneem. Familie is karnaal“die resultaat van vleeslik veral op seksuele gebied”; karnivoor is ‘n vleiseter en inkarnasie “vlees-, menswording”.

Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petrus van Eeden ·

U inligting is nie volledig korrek nie. Karnaval het niks met die liggaam van Jesus te make nie. Karnaval is n ou Heidense fees, wat deur die kerk oorgeneem word. Karnaval is n lente fees opgedra aan die Godinne. Dan word geen vleis genuttig nie, maar vis of waterdiere. Dat Karnaval inverband staan met die vleeslike, bedoelende seksuele, is wel korrek! In die ou Heidense lente feeste het vrugbaadheid n sentrale rol gespeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.