Woord: ontbyt
Betekenis: eerste maaltyd van die dag
Die ont- van ontbyt beteken “om te begin”, net soos in ontbrand, ontvlam en ontwaak, en is dus naby in betekenis aan breakfast, naamlik “om te begin byt of hap”.
Sinonieme: brekfis (geselstaal), môrestuk (verouderd), oggendete (minder gebruiklik), vroegstuk (verouderd).
Waar kom “brekfis” vandaan?
Verafrikaanste vorm van Engels breakfast (1463). Engels breakfast is ʼn samestelling van break “breek” en fast “vas”, so genoem omdat ontbyt die maaltyd is waarmee jy jou vas in die oggend verbreek.
Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal