Woord:
papelellekoors (skertsend)
Betekenis:
1 Denkbeeldige siekte; skynsiekte; ‘n geveinsde siekte of ongesteldheid: Maak dat jy dadelik opstaan. Jou siekte is skoon papelellekoors en luisiekte (J.M. Friedenthal: Uilskuiken, 1936, 181).
2 Ontsteltenis, woede of vrees: Josephine het gehardloop om tant Meraai te gaan roep, al was ons so bang vir haar dat ons die papelellekoors gekry het as sy dit naby ons waag (Huisgenoot, 5 Jul. 1990, 42).
Waar kom dit vandaan?
Waarskynlik ʼn samestelling van verouderde Nederlands papelarden “huigelary” en koors; dalk via Oudfrans uit Latyn papelardia (skynheiligheid)
Vergelyk ipekonders:
Sy is sommer vol ipekonders.
– Sy verbeel haar dat sy siek is. Hipochondri: ‘n ingebeelde siekte, met gevolglike neerslagtigheid.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.
Ons het weer gepraat van papparella-koors …
Selfde hier Lorinda Gerber.
Volgens my “kennis/ervaring” was die gebruik daarvan ook beperk tot opsie 2 soos hierbo beskryf word.