Woord van die week: parlement

Foto: Pixabay

Woord: parlement

Betekenis: vergadering van volksverteenwoordigers

Waar kom dit vandaan?
Die prag en praal van die parlement verdof ietwat as ʼn mens hoor dat die woord eintlik maar net “ʼn gepraat” beteken (om nie te sê sanik nie). Dit kom van die Franse woord parler “praat”. As ʼn mens op televisie daarna kyk, lyk dit asof die Franse die plek eerder ʼn dorment moes genoem het (uit dormire “slaap”).

Bron: Dr Anton Prinsloo se boek, ʼn Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue
Uitgewer:  NB Uitgewers
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae