Woord: parlement
Betekenis: vergadering van volksverteenwoordigers
Waar kom dit vandaan?
Die prag en praal van die parlement verdof ietwat as ʼn mens hoor dat die woord eintlik maar net “ʼn gepraat” beteken (om nie te sê sanik nie). Dit kom van die Franse woord parler “praat”. As ʼn mens op televisie daarna kyk, lyk dit asof die Franse die plek eerder ʼn dorment moes genoem het (uit dormire “slaap”).
Bron: Dr Anton Prinsloo se boek, ʼn Dief aan die Kers – skelm woorde deur die eeue
Uitgewer: NB Uitgewers
Prys: R225-00*
*Prys onderhewig aan verandering