Woord van die week: penswinkel

Argieffoto (Foto: NFCWorld)

Woord:
penswinkel (dikwels as verkleinwoord); (geselstaal; skertsend)

Betekenis:
Skinkbord of plat bak waarin koopware rondgedra kan word en wat met ‘n band om die nek of oor die skouer van ‘n verkoper pas sodat die skinkbord of bak op die maag rus: Die venter met ‘n penswinkel met allerlei rookgoed en versnaperinge het ‘n deuntjie gesingpraat om sy ware te adverteer (Transvaler, 28 September 1951, 7). Verkopers klim op stasies met hul mandjies en penswinkels op en verkoop hul blou pakke beskuitjies (A.P. Brink: Sempre, 1963, 101).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.