Woord:
ploeter
Betekenis:
1 Om op ʼn sukkelende manier te werk te gaan sonder noemenswaardige sukses:
Sommige politici ploeter steeds voort met ‘n uitgediende visie wat ver tekort skiet. Haar toespraak was ʼn onverstaanbare geploeter.
2 Rondplas, gewoonlik op ‘n morsige manier: Die olifante bad en ploeter en speel dan ewe rustig in die water.
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands ploeteren met die betekenis “in die water plas”(1800), “om te grom” (1700) en in die Middeleeue “om te babbel, om ʼn kabaal op te skop”.
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.