Woord:
pypkan
Betekenis:
(t.o.v. rugby en verskeie ander balsporte) ‘n Teenstander flous deur te systap of in ‘n ander rigting te swenk as wat voorgegee is, of deur ‘n fopaangee te gee: Die losskakel het drie, vier man mooi gepypkan en na Uys laat loop wat soos ‘n vlakhaas oopgelê het doellyn toe (Volksblad, 9 Julie 1968, 18). Sy het tot vier Suid-Afrikaners met goeie voet- en stokwerk gepypkan voordat sy die bal in die doelhok weggebêre het (Beeld, 28 November 2002, 36).
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands pijpkannen “uit ‘n pypkan, ‘n drinkbottel vir babas, drink”. Hieruit kom die figuurlike “bedrieg”, eintlik “’n baba die pypkan gee in plaas daarvan om die baba aan die moeder te laat drink”. (Engels dummy)
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.