Woord:
slakkepos
Betekenis:
(skertsend) Gewone pos wat in vergelyking met moderne elektroniese kommunikasiemiddele stadig en baie meer arbeidsintensief is; sinoniem sloerpos.
OOK:
Woord:
blog (Engels)
Betekenis:
Webblad waarop ‘n individu of groep gereeld in ‘n informele geselstrant ‘n joernaal hou van persoonlike menings, aktiwiteite of ervarings: Mense besef nie hoeveel werk dit is om ’n blog, veral ’n kosblog, in stand te hou nie. Die ure van inkopies doen, kook en stileer kan werklik met ’n voltydse werk vergelyk word (Volksblad, 29 Mei 2015, 2).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.