Woord van die week: slentersjiek

Argieffoto (Foto: freephotocc, Pixabay)

Woord:
slentersjiek

Betekenis:
(t.o.v. kleredrag) Informeel, maar tog netjies en deftig genoeg vir ‘n partytjie of ‘n relatief ontspanne werksomgewing: Slentersjiek skoene in warm bruine en suede. Rond dit af met ‘n trilby-hoed en lugmagsonbril (Huisgenoot, 29 Sept. 2011,bylae, 32)

OOK:
slenterdrag

Betekenis:
Drag wat gewoonlik gemaklik en informeel is en hoofsaaklik gedra word wanneer daar ontspan word; sinoniem ontspanningsdrag (minder gebruiklik): Chris trek sy kreukelvrye lang broek, sy oopnekhemp en seilskoene aan — die naaste aan slenterdrag wat hy homself toelaat (A.M. Louw: Perdepoort, 1975, 132).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.