Woord van die week: slier

Argieffoto (Foto: maya_7966, Pixabay)

Woord:
slier (ongewoon)

Betekenis:

  1. Slepend, glyend of slingerend beweeg: Haar rok slier oor die vloer; Paddas sug diep in hulle waterpoele; paddavissies slier oor die modderige oppervlak (D. van Niekerk: Gannavlei, s.j., 142)
  1. Lang, skraal persoon: Jy kan nie vir Piet miskyk in ʼn skare mense nie, want hy is ʼn regte slier.
  1. Skraal en seningrig of benerig: Die seun, perd, vee is slier.

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.