Woord:
sloerie (geselstaal)
Betekenis:
1 Slordige persoon, dikwels ʼn vrou: Die voormalige Kiwi-kolwer M.C. het in sy ope brief aan die Suid-Afrikaanse kaptein, AB de Villiers, gesê hy lyk soos ʼn sloerie met sy stoppelbaard (Volksblad, 28 Februarie 2015, 23). Jy … moet altyd netjies en keurig aangetrek wees – nie soos ʼn sloerie in ʼn kamerjas aan tafel verskyn nie (Boerdery S.A., Junie 1970, 60).
2 Verleidelike, wulpse, dikwels losbandige vrou: Die rolle wat ons speel – van die soet seun, die sletterige sloerie of die dienswillige Marta – is dikwels noodsaaklike hulpmiddele (i.d. lewe) (Volksblad, 20 Augustus 2013, 6).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.