Woord:
slukhals
Betekenis:
1 Vraat Ruan is ‘n regte slukhals, want hy kan maklik drie borde kos op een slag eet.
2 Iemand wat daarop ingestel is om hom- of haarself ten koste van andere te verryk, of wat misbruik van andere se gasvryheid maak en traag is om te gee of te deel: Die dokters is ‘n klomp slukhalse. Joos sê hy kan enigeen na die goedkoop tradisionele geneser toe rekommendeer (D. Beukes: Meetsnoere, 1967, 34).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.
Ek dink alle tienerseuns is slukhalse,