Woord van die week: slytig

Argieffoto (Foto: Greyerbaby, Pixabay)

Woord:
slytig (geselstaal; verouderd)

Betekenis:
1 Wat nie sorgsaam is teenoor klerasie nie, en wat dit wat gedra word, vinnig laat slyt: Jong seuns is gewoonlik slytig op skoeisel. ≈ Die kinders is darem ook so slytig. As die ma nie haar hand aan hulle klere hou nie, dan loop hulle in toiings (A.H. Jonker: Plaasverdeling, 1932, 206).
2 Beproewend of uitputtend: Ons huis is vinnig besig om in ‘n broeikas te verander. Alewig is daar potplante wat ingebring moet word totdat elke hoek en draai vol plante staan. Dis alles baie slytig op ‘n huisvrou se senuwees (Huisgenoot, 31 Julie 1959, 59).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.