Woord van die week: smartlap

Argieffoto (Foto: ErikaWittlieb, Pixabay)

Woord:
smartlap

Betekenis:
1 Sentimentele liedjie, dikwels volksliedjie, waarin oor smartlike gebeure gesing word: ‘n Smartlap vertel gewoonlik die treurigste verhaal waaraan jy kan dink (A.H. de Vries: Gragtehuis, 1968, 106). Tranetrekkers en smartlappe. Daar word gesing van trane wat vloei en lyding (Kat, Augustus 1988, 18).

2 Ongelukkige, klaende persoon met ‘n negatiewe lewensuitkyk: Die seun is ʼn groter swartskaap, smartlap en stoutgat as ooit (Volksblad, 28 Julie 2003, 4). Wanneer die kinders uit die huis is word die vroue soms smartlappe (Sarie, 9 September 1987, 35).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sulet ·

Is die liedjie “Trein na Pretoria” dan ‘n ‘smartlap’? Gee bietjie voorbeelde toe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.