Woord van die week: smeergeld

finansies-geld-geldwassery

Argieffoto (Foto: Stevepb/Pixabay)

Woord:
smeergeld

Betekenis:
Geld wat betaal word om iemand om te koop of onderhands te vergoed vir iets wat onwettig is: Die patologiese laboratoriums is skuldig aan die ontvangs van smeergeld (Rapport, 3 Oktober 2004, 4). Die maatskappyhoof het nie inkomste uit smeergeld wat by die bankrot energiereus ontvang is, aangemeld nie (Beeld, 28 November 2002, 10).

VERGELYK OOK:
smeerhou (t.o.v. balspele soos tennis en krieket)

Betekenis:
Hou waarmee ‘n bal met oorgawe en krag geslaan word: ʼn Smeerhou laag oor die net vanaf ‘n afslaan was genoeg om die tennisspeler met die kous oor die kop Amerika toe te stuur (Burger, 8 Julie 1995,16).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.