Woord:
smulbord
Betekenis:
Groterige bord met ‘n verskeidenheid vingerhappies, wat dikwels by ‘n partytjie of onthaal voorgesit word en bedoel is om deur twee of meer persone gedeel te word: Die konsert vind plaas by die intieme Waterpoel-teater en die R120 sluit ‘n smulbord in (Rapport, 17 Maart 2007, bylae, 11). Dit werk dalk goedkoper uit om liewer ‘n smulbord van die tapas te bestel waaraan die hele groep kan eet pleks van individuele porsies (Beeld, 11 November 2011, bylae, 9).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.
Wat ‘n beskrywende woord! Waarom gebruik ons mense so hardnekkig die niksseggende “plêtter”?