Woord van die week: soes

Argieffoto (Foto: dagon_, Pixabay)

Woord:
soes (verouderd)

Betekenis:
Dut of sluimer: Op die stoep sit ʼn soesende oubaas op ‘n stoel.

OOK:
soeserig
1 Lomerig of half bedwelm deur die slaap: Hoeveel nagte het ek daar in my bed my opstand lê en lug. Hy, dikwels soeserig van die vaak, het my nogtans geduldig aangehoor (W.A. de Klerk in Huisgenoot, 16 Januarie 1959, 20).
2 Wat jou wil laat sluimer of baie rustig maak: ʼn Renosterbul loop sy gebaande pad deur die bosse – ʼn ou nukkebol, vasgegroef in die daelikse roetine van renosterwees in die soeserige son (H.J.Vermaas: Swartwitpens4, 1970, 40).

Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.