Woord:
spiertier
Betekenis:
(skertsend of enigsins neerhalend) Iemand wie se spiere baie goed ontwikkel is; sinonieme spierbol, spierbondel, spierewaaier, spierpaleis, vleispaleis: Met die Sharks se fisieke spelers agterlangs … gaan … dié spiertiere met brute krag die voordeellyn probeer oorsteek (Beeld, 18 Februarie 2003, 16).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.