Woord:
stormjaag
Betekenis:
Vinnig en met geweld aanval, veral te perd.
Waar kom dit vandaan?
So genoem omdat na die vyand gejaag word op ʼn manier wat aan ʼn naderende storm herinner.
OOK:
Woord:
stormjaer
Betekenis:
1. Iemand wat stormjaag
2. Vetkoek
So genoem na aanleiding van die oorlewering dat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902) vetkoek gewoonlik haastig gemaak en deur die burgers geëet moes word, as ‘t ware so vinnig as wat die stormjaers tot ʼn geveg toetree. Vanuit Afrikaans in Suid-Afrikaanse Engels in die vorm stormjager (1900).
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ‘n Woord-projek.
Ek kan julle nie genoeg bedank vir hierdie deel van julle koerant nie. ń Taal leef voort as hy onderhou, maar ook ontwikkel word. Mens kan wel nie ontwikkel as jy nie die bestaande onderhou nie.
Ysters. Dankie.