Woord van die week: strategie

Argieffoto (Foto: jarmoluk, Pixabay)

Woord:
strategie

Betekenis:
krygskuns, aanvalsplan

Waar kom dit vandaan?
Daar is ʼn oorlewering van ʼn Chinese generaal wat sy voorhoede in ʼn digte oerwoud ingestuur het waar die vyand dalk gelê en wag het. Elke man moes ʼn klip vat en in die bos gooi: as daar voëls opvlieg, kon daar nie versteekte troepe van die vyand wees nie. Hulle het dit gedoen, die voëls het gevlieg, hulle het voort gemarsjeer – in ʼn lokval in.

Die vyandelike generaal het sy manne in die bome laat wag en vir elkeen ʼn voël gegee om vas te hou. Toe die klippe om hulle val, het hulle die voëls gelos, wat dus dadelik opgevlieg het.

Dié twee planne was elke ʼn strategie: ʼn plan waarmee die generaals hulle troepe tot oorwinning wou aanvoer.

Die strategie is dus maar net ʼn leëraanvoerder (Grieks strategos bestaan uit stratos “leër” + agein “aanvoer”).

Dié interessante brokkie is gepubliseer in dr. Anton F Prinsloo se boek, Die aap in jou koffie (Afrikaanse eponieme van A tot Z).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.