Woord van die week: taalvitter

Argieffoto

Argieffoto

Woord:
taalvitter

Betekenis:
(afkeurend) kleingeestige kritikus van ander se taalgebruik; Taalvitters skrik meestal net ander, gewone taalgebruikers af

OOK:
vit: onnodig krities/foutvinderig wees; kleingeestige aanmerkings maak oor onbenullighede op iemand/ iets

vitterig: geneig om te vit, met alles fout te vind, vitterig wees oor jou kos, in jou werk, teenoor almal om jou; ʼn Vitterige mens gee dikwels aanstoot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karma ·

Enige iemand kan my gerus ‘n taalvitter noem. Ek is vitterig omtrent my taal en verpes dit as mense akronieme, sinkronieme en anglisismes gebruik om ‘n standpunt te maak. Om nie eens te praat van mense se vermoë om korrek te spel nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.