Idioom:
ʼn Witbroodjie
Betekenis:
Iemand, veral ʼn kind, wat vertroetel en verwen word
Waar kom dit vandaan?
Wit brood is ʼn fyner gebak as growwe of bruin brood, en het ook altyd duurder gekos. Om iemand dus ʼn witbroodjie te noem, beteken dat hy hoër geag word as die ander mense om hom.